Seesig Motors

Louis Fourieweg Voorbaai
Mossel Bay / Mosselbaai
6650
0446950213
admin@seesigmotors.co.za

Placeholder image

Seesig Motors Blog View

JUNIOR WEN SEESIG MOTORS PRESTASIE TROFEE

2019-02-20 22:11:30 By DENISE LLOYD

 Adriaan Fourie van Mosselbaai is die Hartenbos Drawwers se Klubkampioen vir die 10km Junior Mans vir 2018. Hierdie Graad 11 leerder aan Curro is ook die junior atleet wat die meeste tydtoetse vir 2018 gedoen het. Met hierdie prestasie het hy verseker dat hy die nuwe Seesig Motors Wisseltrofee vir Prestasie vir Juniors wen. Saam met die trofee is ‘n kontantprys van R500 oorhandig.

Volgens die voorsitter van die klub, Johan Viljoen, is dit noodsaaklik om junior atlete aan te moedig om op ‘n gereelde basis te oefen e naan wedlope deel te neem. Dit is belangrik om ‘n gesonde leefwyse daar te stel en dit dan te handhaaf. Dit is presies hoekom Seesig gedurende 2018 op die toneel verskyn  het om die weeklikse tydtoetse meer oemf te gee. ‘n Kleiner wisseltrofee en kontantpryse word kwartaalliks aan atlete wat presteer toegeken.
Adriaan, wat eers in Graad 9 met atletiek begin het, probeer gereeld om aan 10 km wedlope deel te neem. Hy glo dat gereelde oefening noodsaaklik is en dat al die opofferinge die moeite werd en ‘n belegging in jou gesondheid is.

Adriaan is ‘n jongman wat baie lief is vir kos. Hy beplan dan ook om na skool homself as ‘n chef te bekwaam. Hy kry binnekort die ongelooflike geleentheid om saam met agt ander leerders en ‘n onderwyser Thailand toe te gaan waar hulle vir sewe dae gaan kook en kuier. Sy prysgeld sal dus handig te pas kom as hy sy tasse vir hierdie ekspedisie pak.

Read Less...

New Listings

Juke 1.6 Acenta +
2014 NISSAN

R 179,995.00

Kwid 1.0 Expression
2019 RENUALT

R 134,900.00

Grand I10 1.2 Fluid Auto
2022 HYUNDAI

R 249,995.00

Accent 1.6 Fluid Auto
2016 HYUNDAI

R 159,995.00

Tiguan Allspace 2.0 Tsi H/line 4motion D
2020 VOLKSWAGEN

R 499,995.00

Brands